Huis Konsert
Jy word hartlik uitgenooi na *Markus (en die brandblusser op die derde verdieping)* vertoning wat op die 2 Desember om 20:00 by die Van der Westhuizens se tuiste opgevoer gaan word.
Die produksie volg die ‘stream-of-consciousness’ van Markus, ‘n jong queer man, wat op die derde verdieping van sy studenteverblyf die drie jaar van sy universiteitlewe met die hulp van ‘n brandblusser probeer verwerk.
Die produksie belig temas van identiteit, verlies, liefde en self-liefde. Dit ontbloot die flitsbeelde van Markus se bestaan, die niks-en-niemands wat hy langs die pad ontmoet het en dít wat nog van hom oor is.
Stuur ‘n boodskap vir Jurie Boshoff 0810029749 en bespreek jou kaartjie



